Choose a track to play
Ek loop hier langs die Weskus pad
Op soek na my ou maats
Van die Kaap, tot in Saldanabaai
Waar, ja, waar, is hulle nou?
Ek staan hier op Panternoster strand
Wind waai van die suiderkant
Kyk uit oor die Weskus see
Voel heimwee
Ek loop in Vredenburg se strate
Dink aan skooldae lang verlate
NG Kerk en gelowiges aan die heuwel kant
Dronkies lekker gesuip in die hotel aan die ander kant
Gesigte in die winkel glas
Skadus van ons verlede
Vredenburg Hoër se bus
Ry verby
Ek staan hier op die strand
By Hoetjiesbaai Hotel
Seevoëls sirkel
In die laat skemerlig
Soek gebreekte porselyn
Van die skip, die Meerenstein
Vis en chips
En dan 'n bottltjie rooi wyn
Ek staan op Laaiplek se kaai
Snoek gevlek, ja, reg om te braai
Vuur is aangesteek
Ja, die son sak rooi oor die see
Maar waar is my vrienne
Waar is hulle nou?
Kom ons vertel stories
Van ons verlede
EK is 'n Weskus klong
In my bloed is ek nog jonk
See bamboes dryf dik op koue water
Cape Columbine se lig skyn vêr oor die see
Waar is daai dae, in my verlede
Kreefduik, perlemoen, lekker galjoen
Ek sit hier langs die Berg Rivier
Sonsyn met 'n lekker bier
Flamingoes pronk pienk in soutpan water
Harders op die koele, konings kos
Weskus blomme dans kleurvol
Oor velde en heuwels
Skape staan lui in die son
Vygies in die duine
Wit huise op die strand
Mooi meisies lê in die son
Rooi gebrand
Gesigte van my verlede
Name wat ek onhou
Verdryf die mis van dae vergete
Ek staan op Langebaan se strand
Kyk oor na Schaapen Eiland
Steenbrass byt op my lyn
Onhou dae van pap en vleis, lekker sonskyn
Waar is daai dae, in ons verlede
Sorgelose dae, my hart voel vrede
Al sit ek vêr oor die see
My kop en lyf, ja, vol van heimwee
Ek voel Weskus sand is in my are
En ek onthou ons gelukkige skooljare
Bly gesond, my vriende