Choose a track to play
Soek my op die koepel van die Monument
Erens in die laer by Bloedrivier
Kom haal my op die spoor van die generaal
Ek staan wag by elke vrou en dier
Ek herlaai die sannas in Bakenlaagte
Ek ontspoor die trein op die Oosterlyn
Ek knip al die gate in Kitchner se draad
Ek dra elke vrou en kind uit die puin
As jy my vind sal jy dit sien
Ek het net my land en my God gedien
As jy my vind sal jy dit weet
Kyk hier in my oe luister na my kreet
As jy my vind sal jy my ken
Skiet my op die woorde
Van Die Stem
Ek het Danie Theron hier kom begrawe
Kyk ek plant 'n kruis vir De La Rey
Oom Paul se bloed spoel hier deur my are
Ek vra hom om vir altyd daar te bly
Ek staan hier tussen kruise op Spioenkop
Ek weier om te glo dit was als verniet
Ek hys die vlag op elke Boer se hartklop
Ek hoop dit word ons kinders se kinders se lied
As jy my vind sal jy dit sien
Ek het net my land en my God gedien
As jy my vind sal jy dit weet
Kyk hier in my oë
Luister na my kreet
As jy my vind sal jy my ken
Skiet my op die woorde
Van Die Stem
As jy my vind sal jy dit sien
Ek het net my land en my God gedien
As jy my vind sal jy dit weet
Kyk hier in my oë
Luister na my kreet
As jy my vind sal jy my ken
Skiet my op die woorde
Van Die Stem
As jy my vind sal jy dit sien
Ek het net my land en my God gedien
As jy my vind sal jy dit weet
Kyk hier in my oë
Luister na my kreet
As jy my vind sal jy my ken
Skiet my op die woorde
Van Die Stem