Choose a track to play
Vir nou lyk my en jou
Ou wêreld in sy moer
My plan was ere kleure
Maar nou het ek verloor
Ek's van hout en draadwerk
Jy van porselein
Ek soek net weer die eendag
Wat in jou groot oë skyn
Jy sê eendag op 'n reëndag
Ek sê eendag op 'n keer
My woorde was jou liedjies
Nou maak hulle seer
Jou fluister in my ore
Wat my asem laat snak
Is nou stilte in my kamer
En net spoke teen die dak
Jy staan teen die storms
Ek's 'n warrelwind
Jy vra al die vrae
Ek glo soos ʼn kind
Jy verkies die rissies
Die peper en die sout
Ek verkies die lewe laf
Die tequila yskas koud
Jy sê eendag op 'n reëndag
Ek sê eendag op 'n keer
My woorde was jou liedjies
Nou maak hulle seer
Jou fluister in my ore
Wat my asem laat snak
Is nou stilte in my kamer
En net spoke teen die dak