Choose a track to play
Hey, hey, hey!
Is daar iemand anders tuis?
Ek kon sweer ek was alleen maar
Voel of iemand vir my kyk
Hierdie ou houtvloerplanke kraak
Hier onder my
Voetstappe by die voordeur uit
Wie klop hier aan my ruit?
In die duister op die bank
Twee ysblokkies in die whiskey
In my hand
Ek Iuister hoe die geeste fluister
Middel van die nag
En dit spook nog hier by my
Die ligte gaan aan en af
Is ek mal of is dit jy?
Soos 'n komeet
Vasgebrand aan die binnekant van my brein
Maar jou woorde
Waai vanaand
By my venster uit
By my venster uit
Als was makliker
toe ons nog kinders was
Boek in 'n tas
Dit was moeilker
Toe ons moes
Begin om in te pas en
Ek onthou dalk alles anders
As wat dit werklik was
Jou geraamtes dans
Nog in my kas
Hier in my kas
In die duister op die bank
Twee ysblokkies in die whiskey
In my hand
Ek Iuister hoe die geeste fluister
Middel van die nag
En dit spook nog hier by my
Die ligte gaan aan en af
Is ek mal of is dit jy?
Soos 'n komeet
Vasgebrand aan die binnekant van my brein
Maar jou woorde
Waai vanaand
By my venster uit
By my venster uit
Ons drome
Vuur en Vlamme
Maak net oop
Dan's jy
Vry
Middel van die nag
En dit spook nog hier by my
Die ligte gaan aan en af
Is ek mal of is dit jy?
Soos 'n komeet vasgebrand
Aan die binnekant van my brein
Maar jou woorde
Waai vanaand
By my venster uit
By my venster uit