Choose a track to play
Ek raak gewoond aan hierdie stilte
Ek raak gewoond aan hierdie tik tak tik tak
Raak mens gewoond aan dit wat jy nie wil hê nie
Niemand daar wat sê ek moet nooit gaan lê nie
Niemand draai meer om as ek jou naam sê nie
Ek raak gewoond aan hierdie stilte
Ek raak gewoond aan hierdie kilte in die kamer
Ek was beter in die holte van jou arms
Nou lê ek alleen en wag ek vir die maan
Enige geselskap wat my sal verstaan
Ek draai hierdie lakens om my sodat dit soos jy voel
Ek druk hierdie kussings teen my sodat dit soos jy voel
Ek praat met die mure liefling sodat dit soos jy voel
Niks proe soos jou lippe nie en oral waar ek staan staan ek alleen
Ek raak 'n vriend van hierdie stilte
En as ek stilbly hoor ek woorde teen die mure
Is dit jy wat by my spook in hierdie uur
Met jou nie hier nie sal ek dit nie kan maak nie
Wat bly vir my oor as ek nie aan jou kan raak nie