Choose a track to play
In die dorpie waar jy bly
Is dit net jy wat dink soos jy
Elke aand na jou skof
Loop jy in die donker terug
Om vir 'n oomblik vir die sterre te kyk
Hulle sing al jou gebede vir jou terug
Wanneer jy onder hulle staan onthou jy wie jy is
Sodra jy die moed en die geld bymekaarskraap
Gaan jy alles agterlaat
Jy lees die tekens al jou lewe lank
Jy weet nie waarheen nie
Net dat jy moet gaan
Jy weet jy moet uit
Jy weet jy moet uit
En al wat jou keer is jy
Jy't 'n rugsak in jou kar
Vir wanneer alles eendag brand
Jou notaboekies dra
Al die lyste wat jy maak
Van wat jy los en wat jy rêrig moet vat
Jou kat en jou gehekelde trui
Die vuur binne-in jou
Wat altyd by jou bly
Al die twyfelary
En stemme van venyn
Krimp nou weg in jou agterruit
Jy lees die tekens al jou lewe lank
Jy weet nie waarheen nie
Net dat jy moet gaan
Jy weet jy moet uit
Jy weet jy moet uit
En al wat jou keer is jy
Jy lees die tekens
Leestekens
Jy lees die tekens
Jou lewe lank
Jy lees die tekens
Leestekens
Jy lees die tekens
Jy lees die tekens al jou lewe lank
Jy weet nie waarheen nie
Net dat jy moet gaan
Jy weet jy moet uit
Jy weet jy moet uit
En al wat jou keer is jy
Jy lees die tekens
Leestekens