Wil jy kom of wil jy gaan
Ek weet nie wat jy wil hê nie
My kop is deurmekaar
Ek weet nie meer wat om te sê nie
Want as jy so vir my kyk
En jy vanaand so lyk
Weet ek daar is iets onontkenbaar
Ek weet jy voel dit ook
Maar jy bly my wegstoot
Sê my is dit wat ek voel waar
Want
Jy bly, hardloop
Weg my, weg van ons, weg van jouself
Jy bly, my wegstoot
Want jy's bang, jy verlang na die tye
Wat jy by my kan bly,
Maar môre weer kan ry... so
Jy bly, hardloop
Van jou commitment issues
Ek probeer om dit te keer
Maar ek dink net heeltyd aan jou
As ek my oë toemaak is
Ons tye saam al wat ek onthou
Want ons is almal verslaaf
Maar ons kies net waaraan
En ek dink ek is verslaaf aan jou
Jy kan ook nie wegbly
Jy probeer dit vermy
Ek wens net dat jy wil ophou
Jy bly, hardloop
Weg my, weg van ons, weg van jouself
Jy bly, my wegstoot
Want jy's bang, jy verlang na die tye
Wat jy by my kan bly,
Maar môre weer kan ry... so
Jy bly, hardloop
Van jou commitment issues
Kan jy voel wat ek voel as ek aan jou dink
Hier's ons weer, kan nie keer, soos jy glase skink
Kom als terug, oogkontak, as ons glase klink
Ons probeer, geen beheer, dis 'n verslawing
Plak stukke aanmekaar dat ek heel kan wees
Mure op maar jy weet hoe om deur te breek
My hart is honger vir jou so dit eet leuens
Ons probeer, geen beheer, dis 'n verslawing
Dan hoekom
Bly jy, hardloop
Weg my, weg van ons, weg van jouself
Jy bly, my wegstoot
Want jy's bang, jy verlang na die tye
Wat jy by my kan bly,
Maar môre weer kan ry... so
Jy bly, hardloop
Van jou commitment issues
Van jou COMMITMENT ISSUES