Elige una pista para reproducir
Sencillo / Pista
Ek hardloop al vir jare
Weg van my moedertaal
Ek het keer op keer gestruikel
Om haar liefde te gaan haal
Maar ek begrawe nou my ego
Diep onder die grond
En beskerm hierdie woorde
Vir haar plekkie in die son
Sal jy my hoor as ek jou roep
Ek sal antwoord wat jy vra
Sal jy my hoor as ek jou roep
Ek vir jou
My hart se taal
Daar is 'n tyd om te skreeu
En 'n tyd om stil te bly
En oor al die jare
Het haar deernis my bevry
En hy vra nou om vergifnis
Want hul was vervreemd
Met haar kwinkslae en kabels
Bly sy ons seën
Sal jy my hoor as ek jou roep
Ek sal antwoord wat jy vra
Sal jy my hoor as ek jou roep
Ek vir jou my hart se taal
Ek sal antwoord wat jy vra
Sal jy my hoor as ek jou roep
Ek sal antwoord wat jy vra
Ons vir jou
My hart se taal
Hy hardloop al vir jare weg van sy moedertaal
Hy het keer op keer gestruikel om haar liefde te gaan haal
En ek vra nou om vergifnis
Want ons was vervreemd
Met jou kwinkslae en kabels
Bly jy ons seën