Выберите трек для воспроизведения
Ja someraand o soete geur
Blou reën stort oor die sinkdak neer
Gier hang swaar in die avond lug
Plaasdam glim in sterre lig
In die landerye staan die mielies reeds so
Daar is volop boontjies in die ou klip stoor
Tollie sug van lekker kry
In die soet groen veld waar hulle in vrede wei
O die lekker lewe in melk en heuningland
My sondes nou vergewe
My veg lus uit gebrand
Heuningland, o heuningland
Wel die paddas dans en die paddas sing
Op ‘n aand soos hierdie maak alles weer sin
In heuningland is alles stil
Net ‘n nagtegaal wat in die donker tril
Daar's ‘n konsertiena wat in die verte speel
‘n Sagte wind wat deur die vlaktes streel
‘n Sagte lig wat in die duister brand
Opsitkers meisie hou vas my hand
O die lekker lewe in melk en heuningland
My sondes al vergewe
My veg lus uit gebrand
Heuningland, o heuningland
Ja die bitter soet na hierdie soet en suur
Die menigtigs jaag heen en weer
Koningryke val uit mekaar
Maar heuningland is altyd daar
Maak toe jou oë jy sal dit ook kan sien
Aardbol tol in die groot alleen
Maar daar’s ‘n huisie en daar’s ‘n bloekomboom
En ‘n plaas waar ek my drome droom
O die lekker lewe in melk en heuningland
My sondes al vergewe
My veg lus uit gebrand
Heuningland, o heuningland