Выберите трек для воспроизведения
Dis 'n wrede bitter straf
As 'n man sy eie graf moet grawe
Die kakies het ons gevang
En môre gaan ons hang
Geen krygshof
Geen verhoor
Geen kans
Nou staan ons bang
Met die graaf in die hand
En 'n bloedrooi son in die weste
Ek sal dit nooit vergeet
Die waansin in die kreet en gebede
Uit die skemer uit nêrens
Twee ruiters reguit uit die hel
Giftig soos 'n mamba laat ek jou vertel
Die sergeant major huil en skree
En vloek en skel
Toe is dit net kruit en vuur
En rook en bloed
Ewe dooie kakies in die kerkhof by
Leeuwfontein
Hoera vir die ou Transvaal en die Vrystaat
Hoera vir die reuk van die roer
Ons prys die Heer se genade
En sy boodskapper
Van Tonder
Sewe kakies lê vergete in die veld vir ewig
Ons ry toe soos die wind
Asof Lord Kitchener self ons jag
Reguit vir die grens van Portugees Oos Afrika
En daar het ons gebly toe was die oorlog verby
Amnestie gekry en stadig huistoe gegaan