Выберите трек для воспроизведения
Hier gaan ons alweer
Daar's altyd kak in die pad om voor uit te swaai
Jy sit jou geld op rooi of swart
Jy verkoop of jy's in die mark vir 'n oomblik waar
Die tyd net still gaan staan ja
Ek jag gevoelens
Dis my brood
Dit laat my lewe en dit maak my dood
En dis laat na twaalf
En ekke baklei al die heel aand lank
Teen al die geraas wat my wakker hou
Hou vir hou
Ek wil verdwaal hier in die nou
So gaan ek dieper of hou ek terug?
Bou ek die mure of bou ek 'n brug?
Sit ek net een voet voor of moet mens spring?
Of is alles dieselfde ding?
Al wat ek wil hê
Is 'n hou wat ek kan vat ja
Soos dit gemaak is so sal dit wees
Tyd maak dood en tyd genees
En dis laat na twaalf
En ekke baklei al die heel aand lank
Teen al die geraas wat my wakker hou
Hou vir hou
Ek wil verdwaal hier in die nou
Hand aan hand
Loop ek die pad met 'n groot weerstand
Al breek dit my wil ek bly
My hart vat sy kanse
Kom ons skree oor die aand se kranse
Ooh as ek dit huistoe maak
En alles begin stil te raak
Voel ek arm voel ek ryk?
Sal ek die baas in die oë kan kyk?
En
As ek dit huistoe maak
En alles begin stil te raak
Wens vir nog net een kans
Of sal ek deur die poorte dans?
Sal ek die poorte dans?
En dis laat na twaalf
En ekke baklei al die heel aand lank
Teen al die geraas wat my wakker hou
Hou vir hou
Ek wil verdwaal hier in die nou en