'n Nuwe jaar begin
Nog een is verby
Tog bly die liefde
Steeds verskuil van my
Maar ook verloor ek nie
Ek sal aanhou soek
Om elke draai
En om elke hoek
Waar sou dit wees?
Hoe sou dit lyk?
Sal ek dit herken
As ek daarvoor kyk?
Waar skuil jy o liefde?
Sal ek jou gewaar
Agter 'n boom?
Of onder 'n blaar?
Sovele kere het ek gedink ek het jou ontdek
Net om weer te sien hoe jy in die niet verdwyn
Kyk tog hoe lê die heimwee eindeloos uitgestrek
Tot waar dit agter die verste horison verdwyn
Die leemte kom na my aangebui op die wieke van die wind
Daar buite reën dit, en ek sit en wonder
Waar sal ek die liefde vind?
Dalk sal die wind jou
Aan my veryk
Dalk ken hy jou weë soos hy oral waai
Sê my o liefde
Waar is jy verskaans?
Agter 'n berg
Of onder 'n krans?