Sy was huisvrou en bediende
En nooit het sy gekla
Sy sou doen vir haar kinders
Net wat hulle vra
Sy was net 'n gewoonte
Niemand het haar raak gesien
Maar almal was verleë
As sy hul moes bedien
My kinders julle het my nie meer nodig
Gun my nou geluk
Net dié eenmaal
In julle vader se huis is ek oorbodig
Ek gaan soek na bietjie waardeering
Daar's verlore liefde wat ek moet inhaal
Vader het haar stief behandel
Vir hom was sy ou vrou
Want sy't haar sleg benadeel
Wat pa die jammer nou
Nou is daar net die briefie
En die woorde maak so seer
Sy gaan en kom nie terug nie
En niemand gaan haar keer
My kinders julle het my nie meer nodig
Gun my nou geluk
Net dié eenmaal
In julle vader se huis is ek oorbodig
Ek gaan soek na bietjie waardeering
Daar's verlore liefde wat ek moet inhaal
As ons haar maar net kon terug kry
Sal ons al ons liefde gee
Ons kan weer voor begin
Baie tyd aan haar besteer
Maar terug sal sy nie kom nie
Te veel moes sy reeds ly
Sy gee nie meer om nie
Vir haar is dit verby
My kinders julle het my nie meer nodig
Gun my nou geluk
Net dié eenmaal
In julle vader se huis is ek oorbodig
Ek gaan soek na bietjie waardeering
Daar's verlore liefde wat ek moet inhaal
Ek gaan soek na bietjie waardeering
Daar's verlore liefde wat ek moet inhaal