Выберите трек для воспроизведения
As die wind en weer so oor die berg kom sweef
Sien ek jou weer so in my gees
Ons was kinders maar jy het altyd geweet
Wie jy wil wees
Nou en dan jou gesig gesien
As ek aan 'n tydskrif vat
Om en dom, kom by die dokter aan
En daar lê De Kat
So aangesien so opgesmuk
Maar die make-up laat jou jonger lyk
Daar was altyd 'n bietjie reën in jou oë
Skielik het die son sy rug gedraai op jou
Waar sal jy gaan, wie sal jou vashou?
O my baby, hoekom is jy so alleen?
O my baby, altyd 'n bietjie reën
Die kinders word groot die liefde gaan dood
En die prokureur, hy maak seker
Jy kry jou deel, sak vol geld en 'n klein kasteel
Wat uitkyk oor die see
Hulle se dit was 'n .38, Smith & Wesson
Iemand hoor die geluid, roep die nagwag
Sluit die deur oop, vloek hardop uit en sê
Bel die polisie by Seepunt
Skielik het die son sy rug gedraai op jou
Waar sal jy gaan, wie sal jou vashou?
O my baby, hoekom is jy so alleen?
O my baby, altyd 'n bietjie reën
Maar môre is jy weer in die nuus
Miskien op bladsy drie of vier
Miskien 'n foto, man staan by jou graf
En in sy hande, so drie hale
Wit angelier
Wit angelier