Was die woorde nie so skaars nie
Is daar soveel wat ek kan sê
Jou al die dinge toewens
Wat jou hart so graag wil hê
Maar nou is daar net een manier
Soos deur die eeue altyd daar
Ek kan maar net sê
Lekker vir jou
Voorspoedige lewensjaar
Mag jou pad vry van dorings wees
Mag geluk in jou spore volg
Ons wens jou 'n blye gees
Voorspoedige lewensjaar
Mag jou welvaart net aan hou
Bly net wat jy is
Ons wens jou toe, voorspoedige lewensjaar
Dit is maar net blote woorde
Wat moet sê hoe diep ek voel
Gelukkige verjaardag
Dit word so opreg bedoel
Dis voorspoed wense uit die hart
Met vreugde en met seën gepart
En liefde wat jou deur dit alles dra
Voorspoedige lewensjaar
Mag jou pad vry van dorings wees
Mag geluk in jou spore volg
Ons wens jou 'n blye gees
Voorspoedige lewensjaar
Mag jou welvaart net aan hou
Bly net wat jy is
Ons wens jou toe, voorspoedige lewensjaar
Voorspoedige lewensjaar
Mag jou pad vry van dorings wees
Mag geluk in jou spore volg
Ons wens jou 'n blye gees
Voorspoedige lewensjaar
Mag jou welvaart net aan hou
Bly net wat jy is
Ons wens jou toe, voorspoedige lewensjaar
Bly net wat jy is
Ons wens jou toe, voorspoedige lewensjaar