Выберите трек для воспроизведения
Ek dink nog terug aan gister, ja die lewe was so rustig, ons kon kaalvoet loop in die strate speel tot laat
Maar die tye het verander en dinge lyk nou anders, ons sing Suikerbossie en die son skyn heel somer lank
Ek sien nog horings op die voorstoep, ek ruik nog ma se vetkoek, ons was seuns met kort hare army dae
Maar die tye het verander en dinge lyk nou anders, ek mis plate speel van daai rooikop in die aand
Ons het fiets gery op die grondpad, kleilat by die watergat en daai meisiekind was altyd hier langs my
Ons het boot gery by Harties maar Desembers was dit Durban, ons sing Suikerbossie en die son skyn heel somer lank
Ons sing nog suikerbossie en die son skyn heel somer lank
Ek was jonk en sewentien, ek het dinge al gesien en ek wonder waar is almal nou hier heen?
Die ou strate is nou leeg en die grondpad is geteer maar ek hoor nog vir oulaas daardie liedjie speel
Ons het fiets gery op die grondpad, kleilat by die watergat en daai meisiekind was altyd hier langs my (Hier langs my)
Ons het boot gery by Harties maar Desembers was dit Durban, ons sing Suikerbossie en die son skyn heel somer lank (Somer)
Ons sing nog Suikerbossie en die son skyn heel somer lank (Somer, somer lank)
Somer lank
Soos die tye nou verander is daar werklik ietsie anders, al my mense is nog hier en bymekaar
Ons speel plate vroeg tot laat en eet Sondag nog by skoonma, dan sing ons weer van vooraf daardie liedjie saam (Daai liedjie saam)
Daardie liedjie saam
Ons het fiets gery op die grondpad, kleilat by die watergat en daai meisiekind was altyd hier langs my (Hier langs my)
Ons het boot gery by Harties maar Desembers was dit Durban, ons sing Suikerbossie en die son skyn heel somer lank (Heel somer lank)
Ons het fiets gery op die grondpad, kleilat by die watergat en daai meisiekind was altyd hier langs my (Hier langs my)
Ons het boot gery by Harties maar Desembers was dit Durban, ons sing Suikerbossie en die son skyn heel somer lank (Somer lank)
Ons sing nog Suikerbos en die son skyn heel somer lank (Somer lank)
Ons sing nog Suikerbos en die son skyn heel somer lank (Somer lank)
Ons sing nog Suikerbos en die son skyn heel somer lank