Оберіть трек для відтворення
Dis 'n rooirasbees
Afrikaner, Hereford en Korthoring
'n Sexy blerrie ding
Ja dis 'n bees van formaat
Hoogste kwaliteit
En temprament is in die hak
Dokter Bonsma het hul gemaak
Dis 'n Sanga, Sanga, Sanga ras
Bons, Bons, Bonsmaras
Dis 'n vleisbees
Wat anders kan dit wees
Check sy skilpad spier
'n Geharde dier
Hulle gee die stoetboer gees
Groei soos 'n reus
Hoe breed is jou bul se neus
Jy sal moet gaan oplees
Oor die Sanga, Sanga, Sanga ras
Bons bietjie, Bons bietjie, Bonsmaras
Dis 'n Bonsmara
Maar dis 'n vet ronde dier
Loop hy op jou veld
Glimlag jy vol plesier
Hoe groot is sy skof
Hoe donker word sy kleure
Hoe breed is sy boude
Hoe mooi hang se pere
Waar kom hy vandaan
Trots Suid-Afrikaans
Weet nie wat jy maak
Maar gee Bonsmaras 'n kans
Beroemd en berig
Van die Ooste tot die Weste
Bonsmaras, Bonsmaras, Bonsmaras is die beste
Bons bietjie, Bons bietjie, Bonsmaras