Оберіть трек для відтворення
Trein donder in die donker oor die ou Karoo
Ek sien gesigte in 'n wolk daarbo
Bensil was te sterk ek het paddas gekry
Iemand gaan sien ek moet rigting kry
Kaptein, kaptein waarheen ry die trein?
Duiwel fluister in my oor ek gaan die plot verloor
Kaptein, kaptein waarheen ry die trein?
Donker maak my bang ek wil liewer huis toe gaan
Jan, Jan, Jan jy's 'n bul van 'n man
Help my, help my die vrees het my gevang
Jy's 'n tier van 'n dier, my bra, my maat
Sweer jy sal my nooit agterlaat
Kaptein, kaptein, waarheen ry die trein?
Duiwel fluister in my oor hy sit hier op my spoor
Kaptein, kaptein, waarheen ry die trein?
Donker maak my bang ek wil liewer huis toe gaan
Trein donder in die donker oor die Groot Rivier
Mamma, Mamma, wanneer sien ek jou weer?
Ek sien bloed in die wolke daar bo
Hierdie donker trein donder nêrens toe
Kaptein, kaptein, waarheen ry die trein?
Duiwel fluister in my oor ons gaan die spoor verloor